Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan

In die Skriflig, Jan 2014

Unlike the Sadducees' and other people's homocentric approach to man's existence, and therefore to a possible resurrection, Jesus' approach is theocentric (focused on God and conducted by God) and founded in Scripture, that is founded in what God reveals, transcending human speculation, theology or processing of what happened to Jesus. This founding in Scripture is grounded in the living, immortal, active and life-giving God's personal relation with man in his concrete, historical existence (Mt 22:23-33). In this way the real physical and spiritual existence is secured, that is an unbreakable personal relationship with God, now and after death, resting in Jesus Christ's life, death and resurrection. This grounding implies a Scripture- and Spirit-founded, God-centered hermeneutics, exegesis, public worship, preaching, and church structuring, conveyed by self-examination and repentance, service in love for God and the neighbour (Mt 22:34-41), and by responsibility towards God's creation.

Article PDF cannot be displayed. You can download it here:

http://www.scielo.org.za/pdf/ids/v48n1/13.pdf

Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan

Page 1 of 7 Original Research Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan Author: Jaap L. Helberg1 Affiliation: 1 Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa Correspondence to: Jaap Helberg Email: Postal address: PO Box 509, Potchefstroom 2520, South Africa Dates: Received: 08 Apr. 2013 Accepted: 14 Jan. 2014 Published: 20 June 2014 How to cite this article: Helberg, J.L., 2014, ‘Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan’, In die Skriflig 48(1), Art. #717, 7 pages. http://dx.doi. org/10.4102/ids.v48i1.717 Copyright: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. Anders as die Sadduseërs en ander mense se mensgesentreerde benadering tot die menslike bestaan en daarom tot ’n moontlike opstanding, is Jesus se benadering Godgesentreerd (óp God gerig en déur God verrig) en Skrifgefundeer. Dit wil sê ’n benadering gefundeer in wat God geopenbaar het en wat menslike bespiegeling, teologie of verwerking van wat met Jesus gebeur het, te bowe gaan. Hierdie Skriffundering is gegrond in God as die lewende, onverganklike, aktiewe en lewewekkende God se persoonlike verhouding met die mens in sy konkrete, historiese bestaan (Matt 22:23−33). So word die ware liggaamlike en geestelike bestaan verseker, naamlik ’n onverbreekbare persoonlike verhouding met God – nou en na die dood, rustend in Jesus Christus se lewe, dood en opstanding. Hierdie begronding veronderstel ’n Skrif- en Geesgefundeerde, Godgesentreerde hermeneutiek, eksegese, erediens, prediking en kerklike inrigting, gedra deur selfondersoek en bekering, diensbaarheid in liefde vir God en die naaste (Matt 22:34−41), en verantwoordelikheid teenoor God se skepping. Jesus Christ’s founding of the resurrection (Mt 22) in the Old Testament revelation, and the implications thereof. Unlike the Sadducees’ and other people’s homocentric approach to man’s existence, and therefore to a possible resurrection, Jesus’ approach is theocentric (focused on God and conducted by God) and founded in Scripture, that is founded in what God reveals, transcending human speculation, theology or processing of what happened to Jesus. This founding in Scripture is grounded in the living, immortal, active and life-giving God’s personal relation with man in his concrete, historical existence (Mt 22:23−33). In this way the real physical and spiritual existence is secured, that is an unbreakable personal relationship with God, now and after death, resting in Jesus Christ’s life, death and resurrection. This grounding implies a Scripture- and Spirit-founded, God-centered hermeneutics, exegesis, public worship, preaching, and church structuring, conveyed by self-examination and repentance, service in love for God and the neighbour (Mt 22:34−41), and by responsibility towards God’s creation. Inleiding Die lewe na die dood, en in besonder die opstanding, lok vandag baie bespreking uit. Hierdie artikel handel egter nie oor hierdie besprekings of die opstanding in sy geheel nie. Dit handel oor die begronding van die nadoodse lewe en van die opstanding volgens Jesus se benadering van die Ou-Testamentiese openbaring in Matteus 22, en in besonder verse 23−33. Verder word die implikasies van hierdie begronding vir die lewe hierna en ook vir nou, bestudeer. Die artikel gee ook aandag aan Psalms en Jesaja. Hierdie boeke is goed verteenwoordigend van die grondliggende Ou-Testamentiese verkondiging, word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal en adem dieselfde gees oor hierdie onderwerp as die stelling wat Jesus gemaak het oor dood en lewe, oor die Skrif (Woord) en oor God.1 Verder word ook kortliks aandag gegee aan die implikasies van die Skrifgedeelte vir die gelowiges se benadering tot hulle eie dood en hulle lewe van hier en nou wat gebed, erediens, prediking en inrigting van die kerk, insluit. Die kwessie van lewe na die dood Read online: Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online. Die kwessie van lewe na die dood is vandag besonder relevant (vgl. geskrifte en besprekings daaroor byvoorbeeld Schutte 2006:1513−1526; König 2009:236−274; Van Niekerk 2009:320−348; Müller 2006:7−11, 31−38, 39−43, 71−76, 77−89, 115−121). Hierdie artikel gaan egter nie op hierdie besprekings in nie, maar fokus op Jesus se begronding van sy antwoord op die vraag oor die 1.Vergelyk Kraus (1979:223−257) in verband met Psalms. Jesus verwys dikwels na die profete, veral na Jesaja (Matt 1:22-23; 2:6, 14, 18; 4:16; 8:17; 9:13; 10:27; 11:10, 22; 12:7, 17−21; 13:14-15; 15:7−9; 21:4-5, 13; 26:31; 27:10). http://www.indieskriflig.org.za doi:10.4102/ids.v48i1.717 Page 2 of 7 Original Research opstanding in die verkondiging van die Ou Testament en watter implikasies dit het. grondliggende openbaring oor God en sy verbondspad met Israel beskou (vgl. Ridderbos 1972:244). Daar is min Skrifgedeeltes in die Ou Testament wat uitspraak gee oor ’n opstandingsgeloof, behalwe in van die laaste boeke. Daar is wel ’n verlange by gelowiges om op die een of ander manier konkreet voort te leef (vgl. die bespreking onder die opskrif ‘God se krag en onbegryplike optrede in ’n geskiedenis van dood en voortlewing’ hieronder). Dit is in ooreenstemming met die feit dat die Ou Testament heel konkreet is oor dinge en veral oor die mens as iemand wat uit grond gemaak is (Vriezen 1966:440).2 Die psalmdigters worstel met die kwessie van lyding en dood, en waarom God doen wat Hy doen, maar hulle twyfel nie daaraan dat God absoluut regeer nie (vgl. Kraus 1979:210). Uiteindelik laat hulle die probleem met vertroue in God se hand, al lyk omstandighede hoe uitsigloos (vgl. byvoorbeeld Ps 73). Jesus rig ’n waarskuwing om nie net mensgerig oor die huidige bestaanswyse te dink nie met die volgende woorde: ’Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos engele’ (v. 30). Sy teenstanders staar hulle blind teen die mens en hoe sy huidige aardse lewe sou kon ooreenkom met ’n bestaan hierna (Turner 2008:532). Hulle redeneer antroposentries en in werklikheid vanuit ’n kultuurteologie. Dit open niks meer as menslike moontlikhede, tydelikhede en verganklikhede nie. Daarteenoor gee Hy ’n Godgerigte en Skrifgefundeerde antwoord. Jesus wys met sy motivering wat en wie God is en wat die Skrif van Hom sê.4 Ondanks al die lig wat Nuwe-Testamentiese gelowiges vandag oor die voortlewe ná die dood het, bly die wyse van voortlewe na die dood steeds onbegryplik tot met die volle vervulling wanneer Jesus Christus weer kom (1 Kor 15:42−49; 2 Kor 5:1−10). Die volle klem en lig val in die Skrif op God op sy mag en sy verhouding met die gelowige. Hoe dit presies na die dood sal wees, is buite heldere fokus. Wat uit Jesus se woorde duidelik is, is dat die opstanding nie bloot geestelik of oordragtelik is nie en ook nie ’n blote voortset (...truncated)


This is a preview of a remote PDF: http://www.scielo.org.za/pdf/ids/v48n1/13.pdf
Article home page: http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S2305-08532014000100008&lng=pt&nrm=iso&tlng=en

Jaap L Helberg. Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan, In die Skriflig, 2014, pp. 1-07, Volume 48, Issue 1,