Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan
Page 1 of 7
Original Research
Jesus Christus se begronding van die opstanding
(Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die
implikasies daarvan
Author:
Jaap L. Helberg1
Affiliation:
1
Faculty of Theology,
North-West University,
Potchefstroom Campus,
South Africa
Correspondence to:
Jaap Helberg
Email:
Postal address:
PO Box 509, Potchefstroom
2520, South Africa
Dates:
Received: 08 Apr. 2013
Accepted: 14 Jan. 2014
Published: 20 June 2014
How to cite this article:
Helberg, J.L., 2014, ‘Jesus
Christus se begronding van
die opstanding (Matt 22)
in die Ou-Testamentiese
openbaring en die
implikasies daarvan’, In die
Skriflig 48(1), Art. #717,
7 pages. http://dx.doi.
org/10.4102/ids.v48i1.717
Copyright:
© 2014. The Authors.
Licensee: AOSIS
OpenJournals. This work
is licensed under the
Creative Commons
Attribution License.
Anders as die Sadduseërs en ander mense se mensgesentreerde benadering tot die menslike
bestaan en daarom tot ’n moontlike opstanding, is Jesus se benadering Godgesentreerd (óp
God gerig en déur God verrig) en Skrifgefundeer. Dit wil sê ’n benadering gefundeer in
wat God geopenbaar het en wat menslike bespiegeling, teologie of verwerking van wat met
Jesus gebeur het, te bowe gaan. Hierdie Skriffundering is gegrond in God as die lewende,
onverganklike, aktiewe en lewewekkende God se persoonlike verhouding met die mens in
sy konkrete, historiese bestaan (Matt 22:23−33). So word die ware liggaamlike en geestelike
bestaan verseker, naamlik ’n onverbreekbare persoonlike verhouding met God – nou en na die
dood, rustend in Jesus Christus se lewe, dood en opstanding. Hierdie begronding veronderstel
’n Skrif- en Geesgefundeerde, Godgesentreerde hermeneutiek, eksegese, erediens, prediking
en kerklike inrigting, gedra deur selfondersoek en bekering, diensbaarheid in liefde vir God
en die naaste (Matt 22:34−41), en verantwoordelikheid teenoor God se skepping.
Jesus Christ’s founding of the resurrection (Mt 22) in the Old Testament revelation, and
the implications thereof. Unlike the Sadducees’ and other people’s homocentric approach
to man’s existence, and therefore to a possible resurrection, Jesus’ approach is theocentric
(focused on God and conducted by God) and founded in Scripture, that is founded in what God
reveals, transcending human speculation, theology or processing of what happened to Jesus.
This founding in Scripture is grounded in the living, immortal, active and life-giving God’s
personal relation with man in his concrete, historical existence (Mt 22:23−33). In this way the
real physical and spiritual existence is secured, that is an unbreakable personal relationship
with God, now and after death, resting in Jesus Christ’s life, death and resurrection. This
grounding implies a Scripture- and Spirit-founded, God-centered hermeneutics, exegesis,
public worship, preaching, and church structuring, conveyed by self-examination and
repentance, service in love for God and the neighbour (Mt 22:34−41), and by responsibility
towards God’s creation.
Inleiding
Die lewe na die dood, en in besonder die opstanding, lok vandag baie bespreking uit. Hierdie
artikel handel egter nie oor hierdie besprekings of die opstanding in sy geheel nie. Dit handel oor
die begronding van die nadoodse lewe en van die opstanding volgens Jesus se benadering van
die Ou-Testamentiese openbaring in Matteus 22, en in besonder verse 23−33. Verder word die
implikasies van hierdie begronding vir die lewe hierna en ook vir nou, bestudeer.
Die artikel gee ook aandag aan Psalms en Jesaja. Hierdie boeke is goed verteenwoordigend
van die grondliggende Ou-Testamentiese verkondiging, word dikwels in die Nuwe Testament
aangehaal en adem dieselfde gees oor hierdie onderwerp as die stelling wat Jesus gemaak het oor
dood en lewe, oor die Skrif (Woord) en oor God.1 Verder word ook kortliks aandag gegee aan die
implikasies van die Skrifgedeelte vir die gelowiges se benadering tot hulle eie dood en hulle lewe
van hier en nou wat gebed, erediens, prediking en inrigting van die kerk, insluit.
Die kwessie van lewe na die dood
Read online:
Scan this QR
code with your
smart phone or
mobile device
to read online.
Die kwessie van lewe na die dood is vandag besonder relevant (vgl. geskrifte en besprekings
daaroor byvoorbeeld Schutte 2006:1513−1526; König 2009:236−274; Van Niekerk 2009:320−348;
Müller 2006:7−11, 31−38, 39−43, 71−76, 77−89, 115−121). Hierdie artikel gaan egter nie op hierdie
besprekings in nie, maar fokus op Jesus se begronding van sy antwoord op die vraag oor die
1.Vergelyk Kraus (1979:223−257) in verband met Psalms. Jesus verwys dikwels na die profete, veral na Jesaja (Matt 1:22-23; 2:6, 14, 18;
4:16; 8:17; 9:13; 10:27; 11:10, 22; 12:7, 17−21; 13:14-15; 15:7−9; 21:4-5, 13; 26:31; 27:10).
http://www.indieskriflig.org.za
doi:10.4102/ids.v48i1.717
Page 2 of 7
Original Research
opstanding in die verkondiging van die Ou Testament en
watter implikasies dit het.
grondliggende openbaring oor God en sy verbondspad met
Israel beskou (vgl. Ridderbos 1972:244).
Daar is min Skrifgedeeltes in die Ou Testament wat uitspraak
gee oor ’n opstandingsgeloof, behalwe in van die laaste
boeke. Daar is wel ’n verlange by gelowiges om op die een
of ander manier konkreet voort te leef (vgl. die bespreking
onder die opskrif ‘God se krag en onbegryplike optrede in
’n geskiedenis van dood en voortlewing’ hieronder). Dit is
in ooreenstemming met die feit dat die Ou Testament heel
konkreet is oor dinge en veral oor die mens as iemand wat
uit grond gemaak is (Vriezen 1966:440).2 Die psalmdigters
worstel met die kwessie van lyding en dood, en waarom
God doen wat Hy doen, maar hulle twyfel nie daaraan dat
God absoluut regeer nie (vgl. Kraus 1979:210). Uiteindelik
laat hulle die probleem met vertroue in God se hand, al lyk
omstandighede hoe uitsigloos (vgl. byvoorbeeld Ps 73).
Jesus rig ’n waarskuwing om nie net mensgerig oor die
huidige bestaanswyse te dink nie met die volgende woorde:
’Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle
soos engele’ (v. 30). Sy teenstanders staar hulle blind teen
die mens en hoe sy huidige aardse lewe sou kon ooreenkom
met ’n bestaan hierna (Turner 2008:532). Hulle redeneer
antroposentries en in werklikheid vanuit ’n kultuurteologie.
Dit open niks meer as menslike moontlikhede, tydelikhede
en verganklikhede nie. Daarteenoor gee Hy ’n Godgerigte
en Skrifgefundeerde antwoord. Jesus wys met sy motivering
wat en wie God is en wat die Skrif van Hom sê.4
Ondanks al die lig wat Nuwe-Testamentiese gelowiges
vandag oor die voortlewe ná die dood het, bly die wyse van
voortlewe na die dood steeds onbegryplik tot met die volle
vervulling wanneer Jesus Christus weer kom (1 Kor 15:42−49;
2 Kor 5:1−10). Die volle klem en lig val in die Skrif op God op
sy mag en sy verhouding met die gelowige. Hoe dit presies
na die dood sal wees, is buite heldere fokus. Wat uit Jesus se
woorde duidelik is, is dat die opstanding nie bloot geestelik
of oordragtelik is nie en ook nie ’n blote voortset (...truncated)