Die moeder-kind-verhouding by kinders met 'n gesplete lip en/of verhemelte en minimale-brein disfunksie
DIE MOEDER-KIND-VERHOUDING BY KINDERS MET 'N
GESPLETE LIP EN/OF VERHEMELTE EN MINIMALE-BREINDISFUNKSIE
RONEL STEENEKAMP B . A . (LOG) ( P R E T . )
Alberton Kinderleidingkliniek, Privaatsak X2805, Alberton, 1450.
OPSOMMING
Die doel van hierdie studie is om die invloed van 'n fisies waarneembare afwyking en 'n
fisies nie-waarneembare afwyking op die moeder-kind-verhouding na te gaan. Die
moeder-kind-verhouding by twee verskillende afwykings nl. gesplete lip en/of
verhemelte en minimale-brein-disfunksie is bestudeer.
Die verhouding tussen die moeder en haar kind is 'n kritiese faktor in die algemene
ontwikkeling van die kind. Die kwaliteit van die verhouding kan 'n invloed he op latere
verhoudinge wat die kind in sy lewe aangaan. Daar is gevind dat pre-, peri- en
postnatalegebeure hierdie verhouding kan bei'nvloed.
'n Werkhipotese is gestel nl. dat die moeder-kind-verhouding betekenisvol swakker is by
die ondersoekgroepe as die van die kontrolegroep. Ten einde die hipotese te bewys is
"The Mother-Child-Relationship Evaluation"-vraelys ingevul deur moeders met kinders
met die genoemde afwykings. Daar is egter gevind dat daar nie 'n beduidende verskil is
in die moeder-kind-verhouding van moeders met kinders wat 'n gesplete lip en/of
verhemelte het nie. Moeders met kinders met minimale-brein-disfunksie, is egter geneig
om did kinders te verwerp.
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2012)
SUMMARY
The aim of this study is to investigate the influence of a physically observable defect and
a non-observable defect on the mother-child relationship. Mother-child relationships of
two defects viz. cleft lip and/or palate and minimal brain dysfunction were studied.
The relationship between a mother and her child is a critical factor in the overall
development of the child. The quality of the relationship can influence the child's
subsequent relationships. It has been found that pre- peri- and postnatal events can
influence this relationship.
A working hypothesis was postulated viz. that the mother-child relationship is
significantly weaker in the experimental groups than in the control group. To prove this
hypotheses, the "Mother-Child-Relationship Evaluation" questionnaire was completed
by mothers of children with the mentioned defects. However, it was found that there is
no significant difference in the mother-child relationship in mothers of children with a
cleft lip and/or palate. However, mothers of children with minimal brain dysfunction are
inclined to reject these children.
Die verhouding wat bestaan tussen die moeder en haar kind met 'n
gesplete lip en/of verhemelte of haar kind met minimale-breindisfunksie is van teoretiese en praktiese belang. Die moeder-kindverhouding is 'n kritiese komponent in die aanpassing van elke kind op
'n latere stadium van sy lewe. Die verhouding het egter ook 'n invloed
op die kind se spraak en taalontwikkeling. Enige teoretiese begrip van
die kind met 'n gesplete lip en/of verhemelte of minimale-breindisfunksie en sy ontwikkeling, moet 'n studie insluit van die moeder se
reaksie op die inisiele kennisneming van haar kind se probleem, hoe
hierdie reaksie verander het met verloop van tyd, hoe hierdie reaksie
The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 27, 1980
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2012)
Moeder-kind verhouding
109
bygedra het tot die kind se spraakvaardigheid asook die algemene
aanpassing van die kind.
Die toepassing van hierdie kennis kom tot uiting in die beplanning van
'n remedierende program vir die kind. Die spraakterapeut moet bepaal
wat die houding van die moeder is t.o.v. haar kind met 'n gesplete lip
en/of verhemelte of minimale-brein-disfunksie en of hierdie verhouding 'n invloed het op prognose of die spraakprobleem teenwoordig.
Hierdie verhouding moet dus in ag geneem word by die opstel van 'n
terapieprogram.
Die doel van hierdie studie is dus om die invloed van 'n fisies
waarneembare afwyking en 'n fisies nie-waarneembare afwyking op die
moeder-kind-verhouding na te gaan. Die vraag is of die moeder-kindverhouding by die kind met 'n gesplete lip en/of verhemelte of
minimale-brein-disfunksie verskil in vergelyking met die moeder-kindverhouding by normale kinders.
Die verhouding tussen die moeder en kind is essensieel vir die
voortbestaan en ontwikkeling van die kind. Hierdie verbintenis tussen
die moeder en haar kind is waarskynlik die sterkste verbintenis wat die
mens aangaan. Die aanvanklike verhouding is 'n kritiese faktor in die
algemene ontwikkeling van die kind. Meer spesifiek het dit 'n invloed
op die intellektuele en verbaal-linguistiese ontwikkeling. Die sterkte
en kwaliteit van hierdie verhouding kan ook 'n invloed he op die latere
verhoudings wat die kind in sy lewe aangaan. Die houding van die
moeder kan ook die kind se aanvaarding van homself en dus sy
selfbeeld bei'nvloed.
Tydens die periode van swangerskap vind daar baie emosionele
skommelinge plaas, positief en negatief. Die moeder moet leer om
haar verantwoordelikhede te verplaas van haarself na haar kind. Sy
moet tot aanvaarding kom van die swangerskap en besef dat sy
moeder word. Sy moet identifiseer met die fetus as integrale deel van
haarself, maar ook van die fetus as individu. Hierdie aanvaarding
ontstaan tydens die beweging van die fetus in die uterus.
Die perinatale periode is 'n periode van uiterste sielkundige kwesbaarheid a.g.v. die fisiese en psigiese veranderinge wat plaasvind by die
moeder en haar kind. Die geboorte is die klimaks van die swangerskap. Die moeder sien uit daarna om haar kind te aanskou. Die
geboorte is die finale resultate van haar konflikte a.g:v. angs en vrees
vir swangerskap en geboorte.
Gebeure tydens die geboorteproses kan die moeder be'invloed in die
ontwikkeling van 'n verhouding met haar kind. Indien dit nie 'n
normale geboorte was nie, kan die moeder skuldig voel omdat sy
beheer verloor het tydens die geboorteproses. Postnatale depressie kan
hieraan toegeskryf word. Die moeder benut dus nie die periode direk
na geboorte om 'n verhouding met haar kind te ontwikkel nie weens
die invloed van verdowingsmiddels op haar en haar kind en postnatale
ongerief. Die tydperk direk na geboorte word deur verskeie outoriteite
as 'n uiters kritiese periode beskou in die ontwikkeling van die
Die Suid-Afrikaanse
Tydskrif
vir Kommunikasieafwykings,
Vol. 27, 1980
Reproduced by Sabinet Gateway under licence granted by the Publisher (dated 2012)
110
Ronel Steenekamp
moeder-kind-verhouding. Die periode is baie kort en 'n komplekse
interaksie bind die moeder en haar kind saam. Tydens die periode
verkry die moeder oogkontak met haar kind, sy streel en soen hom,
borsvoeding vind plaas en sy praat met die baba ten einde sy aandag te
behou.
Gedurende die eerste paar weke na geboorte word interaksie
hoofsaaklik deur die huil van die baba bewerkstellig. Die huil bring die
moeder in die posisie waar visuele, olfaktoriese en taktiele stimul (...truncated)