Treppie hou nie van kuiergaste nie': Xenia in Marlene van Niekerk se Triomf
Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies
ISSN: (Online) 2219-8237, (Print) 0258-2279
Original Research
Li
te
ra
to
r
L
L
Page 1 of 7
‘Treppie hou nie van kuiergaste nie’: Xenia in
Marlene van Niekerk se Triomf
Author:
Marius Crous1
Affiliation:
1
Department of Language
and Literature, Nelson
Mandela Metropolitan
University, South Africa
Corresponding author:
Marius Crous,
Dates:
Received: 20 Oct. 2015
Accepted: 02 Feb. 2016
Published: 21 July 2016
How to cite this article:
Crous, M., 2016, ‘“Treppie
hou nie van kuiergaste nie”:
Xenia in Marlene van Niekerk
se Triomf’, Literator 37(1),
a1250. http://dx.doi.
org/10.4102/lit.v37i1.1250
Copyright:
© 2016. The Authors.
Licensee: AOSIS. This work
is licensed under the
Creative Commons
Attribution License.
In hierdie artikel word aspekte van xenia – soos uiteengesit in die klassieke Griekse teks van
Homerus en as vertrekpunt vir latere teorieë oor gasvryheid – kontekstueel in Marlene van
Niekerk se roman Triomf (1994) ondersoek. Die Griekse konsep xenia dien egter as voorloper
vir eietydse teorieë oor gasvryheid soos vervat in die werk van Levinas en Derrida. Gasvryheid
teenoor vreemdelinge vorm die grondslag van xenia en dit is ’n aspek wat herhaaldelik in Van
Niekerk se roman voorkom. Daar is die verhouding met die NP-werwingsagente, die
Jehovasgetuies, die AWB-werwers, asook Lambert se interaksie met Sonnyboy en Mary, die
prostituut wat hom op sy verjaardag besoek. Veral laasgenoemde toneel stem heelwat ooreen
met die riglyne vir goeie gasvryheid soos aangedui deur Homerus.
‘Treppie does not like guests’: Xenia in Marlene van Niekerk’s Triomf. This article
investigates aspects of xenia or guest relationships – which forms a central aspect of Homer’s
Odyssey – in Marlene van Niekerk’s novel Triomf. Hospitality and the lack thereof form the
basis of several scenes in the novel. Examples include the visit of the agents canvassing for the
National Party before the elections, the Jehovah’s witnesses, the AWB recruiters, as well as
Lambert’s interaction with Sonnyboy and Mary. The latter scene in particular corresponds
closely to the guidelines for proper hospitality as delineated by Homer.
Nous ne savons pas ce que c’est que l’hospitalité. (Derrida 2000:6)
Inleiding
Die doel van hierdie opstel is om die uitbeelding van gasvryheid in Marlene van Niekerk se
debuutroman Triomf (1995) te ondersoek, onder meer in die konteks van xenia soos uitgespel in
die klassieke Odusseia van Homerus. Xenia is egter die vertrekpunt vir latere beskouings oor
gasvryheid in die werk van onder meer Kant, Levinas en Derrida – wat ook in my bespreking ter
sprake sal kom. Die onderskeie nuanses van xenos en xenia sal ook verreken word. Gasvryheid
speel ʼn belangrike rol in Marlene van Niekerk se oeuvre, soos onder meer blyk uit ondersoeke
deur Sanders (2009) waarin hy grotendeels fokus op die roman Memorandum: ’n Verhaal met
skilderye (Van Niekerk 2006), terwyl Buxbaum (2014:31) ‘hospitality – and the related term hospice’
as twee sentrale motiewe in Van Niekerk se werk beskou.
Hu (2013: 3) meen dat die hernieude belangstelling in gasvryheid te wyte is aan die groot toename
in vlugtelinge na die Tweede Wêreldoorlog, asook die eietydse globalisering van die planeet. Nie
net kom die klassieke xenia deurlopend in die debat oor gasvryheid en vreemdelingskap voor nie,
maar word op Immanuel Kant se konsep kosmopolitanisme voortgebou. Kant definieer universele
gasvryheid soos volg: Gasvryheid impliseer die reg van ’n vreemdeling om nie tydens sy of haar
aankoms in ’n ander land as vyand behandel te word nie. Idealisties, sonder om noodwendig
staatkundige grense in ag te neem, stel Kant (in Hu 2013) sy visie soos volg voor:
Since the earth is a globe, they cannot scatter themselves infinitely, but must, finally, tolerate living in
close proximity, because originally no one had a greater right to any region of the earth than anyone
else. (bl. 4)
Read online:
Scan this QR
code with your
smart phone or
mobile device
to read online.
Verskeie kritici bou voort op die teorie oor gasvryheid teenoor vreemdelinge, waaronder die
bekendste eietydse ondersoeke van Levinas en Derrida. Derrida se Of hospitality (2000) is twee
lesings wat hy oor die onderwerp gegee het in antwoord op spesifiek Levinas se definisie van die
Ander, wat as voorloper dien vir die gesprek oor xenofobie en die houding jeens vreemdelinge .
Aangesien die Franse woord hôte as sowel gasheer as gas vertaal kan word, impliseer dit volgens
Heard (2010: 315) dat hospitalité nie net op die verhouding tussen ryk en arm betrekking het nie,
http://www.literator.org.za
Open Access
Original Research
Li
te
ra
to
r
L
L
Page 2 of 7
maar dat daar ook ’n geestelike plig op die rykes rus om aan
hierdie verhouding aandag te gee – dit verklaar ook hoekom
daar in die monastiese tradisie soveel waarde aan die
versorging van pelgrims en reisigers geheg is. In die inleiding
tot Derrida (2000:ix) skryf Bowlby in haar vertalersnota dat
die Griekse woord xenos na sowel vreemdeling as uitlander
(foreigner) verwys, ’n aspek wat ook indringend deur Kristeva
in haar Strangers to ourselves (1989) bespreek word. Haar
perspektief op die gas in ons midde het veral betrekking op
migrante na Europa en haar sentrale uitgangspunt is dat die
vreemdeling binne-in ons self is (Kristeva in Oliver 2002):
Strangely, the foreigner lives within us: he is the hidden face of
our identity, the space that wrecks our abode, the time in which
understanding and affinity founder. By recognising him within
ourselves, we are spared detesting him in himself. (bl. 290)
Volgens Galetti (2015: 48) verwys Derrida in sy Adieu Levinas
(1999) na Levinas se siening oor die ‘autre’ en hoe dit
met gasvryheid in verband gebring kan word. Volgens
O’Gorman (2006: 51) tref Derrida ’n onderskeid tussen
onvoorwaardelike gasvryheid (‘unconditional hospitality’)
wat, volgens Derrida onmoontlik is en gasvryheid wat as
voorwaardelik (‘conditional’) bestempel word. Gasvryheid
impliseer vir Derrida die innooi en verwelkoming van die
vreemdeling. Derrida voel egter ook dat daar onderskeid
getref moet word tussen hospitality en hostipality.
Laasgenoemde het betrekking op die gashere of gasvroue
wat, wanneer gaste by die deur verwelkom word, nie van
hulle meesterskap binne hulle domein afstand doen nie. Dit
vorm vir Derrida die grondslag van gasvryheid.
O’Gorman (2006) merk in dié verband soos volg op:
There is a limitation to the amount of hospitality that hosts can
and wish to offer. Just as important are the intentions that lie
behind any hospitable act: there surely is a distinction to be made
between hospitality for pleasure and hospitality that is born out
of a sense of duty. (bl. 51)
Slegs indien daar ’n gasheer of ’n gasvrou aanwesig is, kan
iemand ’n gas word.
In hulle ondersoek na die uitbeelding van gasvryheid in
Karel Schoeman se roman Na die geliefde land meen Titlestad
en Kissack (2008) dat d (...truncated)